top of page
jbaysurfview-j-bay-surf-view-jeffreysbay-13.jpg


ANTON VAN DER MERWE

Groot spore 
1947/07/31 -  2021/08/18

Home: Welcome

'N EERBETONING

Hoe groet mens 'n legende.

Ons het hierdie blad geskep om eer te betoon aan my man, ons pa en oupa en deel dit graag met ons familie en vriende.

Blaai deur die fotos, lees die briewe en kyk na die video.

Julle kan ook op die blog julle eie boodskappe los.

Anton ons gaan jou so ontsettend baie mis. Jy het groot spore gelos.


Al ons liefde

Suzette en gesin

Pa Anton CpstF.jpeg
Home: About

BRIEWE EN PRENTE VIR ANTON

021.jpg

BRIEF AAN MY MAN

My dierbare man
Jy was n merkwaardige man, pa en oupa, ek kon altyd op jou staatmaak
en jy het ons na die beste van jou vermoë versorg en gedra.
Jy was my maat en beste vriend vir 49 getroude jare en was lojaal en liefdevol tot die einde. Jou voorbeeld as n gelowige man van God, het jy uitgeleef en sterk uitgespreek op jou eie innemende manier.

....

Anton Juniou B&W.jpeg

BRIEF VAN ANTON JUNIOR

Liewe Pa


Waar begin ʼn mens met so ʼn brief?

My hart is stukkend maar ek weet jy is vir die eerste keer in jare nie meer in pyn nie en ek voel bietjie jaloers omdat ek nie ook nou soos jy al reeds die hiernamaals beleef nie.

Jean en Pa-01.png

BRIEF VAN JEAN

My liewe pa


Hoe kan ek jou ordentlik groet. Terwyl ek nou hier in Port Elizabeth sit stroom die boodskappe en oproepe in en ek besef watter reus pa regtig was en hoeveel lewens pa ten goede aangeraak het. Van die verskillende bewegings en klubs waarop pa gedien het om die gemeenskap te help, die mense wat pa finansieel bygestaan het, insamelings klubs vir die gimnastiek wat begin is tot motors saai, pa was orals betrokke. Watter legende...

Lilka B&W.jpg

BRIEFIE VAN LILKA

'n Brief van Lilka aan haar geliefde Oupa

Yani b&W2.jpg

BRIEFIE VAN YANI

'n Brief van Yani aan haar geliefde Oupa

Kara B&W.jpg

PRENTJIE VAN KARA

'n Prentjie van Kara aan haar geliefde Oupa


Home: See and Do

FOTOS

Home: Text
Home: Pro Gallery

VIDEO VAN HERINNERING

Home: Text
Home: Video Player
Memorial Names

BEDANKINGS

Ons wil graag almal bedank vir jul eerbetoon vir die lewe van ‘n besonderse persoon, goeie vriend, geliefde Pa en eggenoot, Anton van der Merwe. Dankie vir talle e-posse, whatsapp’s, sms’e, telefoonoproepe en besoeke die afgelope week. Ons het boodskappe van regoor die land ontvang van oud kollegas, vriende en familie. Ons waardeer elke boodskap vreeslik baie. Pa se skielike heengaan is vir ons almal ‘n skok en moeilik om te verwerk. Ons bedank elkeen vir julle gebede, ondersteuning en bystand in hierdie tyd. Dit hou ons staande.

In besonder wil ons graag vir Pa se vriend, Dr Irving De Swardt, bedank. Alhoewel hy in Jeffreys woon, het hy ingegryp toe ons nie die plaaslike dokters in die hande kon kry nie. Hy het ons telefonies bygestaan en verder heeltyd opgevolg met die hospitaal vir terugvoering. Ons waardeer jou omgee en moeite oneindig baie!

  

Baie dankie Magda von Solms, wat by Ma Suzette gebly het Dinsdagaand en haar hospitaal toe geneem het na Pa se afsterwe. Dit het so baie vir haar beteken! Dankie ook vir al jou reëlings in die agtergrond en jou gebede. Dankie aan Lynette Heyns wat ook dieselfde bystand vir Ma Suzette gegee het. Jou morele ondersteuning en liefde word baie waardeer. Verder wil ons vir Lizette Kruger bedank, wat sonder enige vrae vir Max (troeteldier) versorg het in die dae nadat Pa oorlede is en Ma bygestaan het. Julle elkeen se bystand het dit vir Ma moontlik gemaak om staande te bly hierdie afgelope week.

Aan Theresa Lombard wat ma telefoniese bygestaan het Saterdag, verdere raad gegee het asook gehelp het met etes, baie dankie jou omgee en liefde word baie waardeer.

Dan ʼn spesiale dank aan Richard en Amanda Dowling. Amanda was in kontak met die hospitaal tydens die operasie, hulle het Jean by die lughawe opgetel Woensdag en ook ons van etes voorsien die afgelope tyd. Amanda se morele ondersteuning die afgelope paar weke dra ma nog steeds. Baie dankie vir julle liefde.

Aan ons wonderlike vriende asook bure in Carington Place; baie dankie vir die heerlike etes, pragtige blomme en kaartjies wat by ons afgelewer is. Dit het ons gedra deur hierdie moeilike tyd, en dra ons steeds. Ons is innig dankbaar vir julle.

Home: Text

AAN GOD AL DIE EER

In besonder wil ons vir die Here eer en bedank vir Pa se lewe. Hy is vir ons geleen, ‘n steunpillaar  en ‘n groot seen. Dankie, Hemelse Vader, vir Anton se lewe. Ons harte is seer, maar ons vind vertroosting by U, ons ewige Vader. 


Genade onbeskryflik groot.

Cross
Home: Contact

EERBETONINGS

Home: Text
Home: Blog2 Custom Feed
bottom of page